Thursday 4 July 2013

Basiese muffindeeg




Basiese muffindeeg

Hierdie muffinresep kan jy as basis gebruik om ‘n heerlike verskeidenheid muffins te maak.

210 g (310 ml) meel

2 t (10 ml) bakpoeier
½ t (2.5 ml) koeksoda
75 g (90 ml) suiker
1 eier
45 g margarien, gesmelt
250 ml karringmelk of 175 g jogurt & 75 ml melk.

Meng die droë bestanddele in ‘n mengbak.

Klits dan die eier, gesmelte margarien en karringmelk saam in ‘n mengbak en voeg dit by die droë bestanddele. Roer net tot gemeng en skep in 12 gesmeerde muffinhouers of –holtes. Bak by 200 °C vir 15 minute.