Thursday 4 July 2013

3 x Gevulde Aartappels






Gevulde Aartappels

Maalvleis Vulsel:

• olyfolie • 500 g maer beesmaalvleis • 1 groot ui, fyn opgekap • 1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny • 1 blik tamatiepuree • 15 ml Dijon-mosterd • 15 ml worcestersous • 4 groot gebakte aartappels • slaai om voor te sit

1 Verhit ’n laag olie. Voeg die maalvleis by en braai oor ’n hoë hitte bruin. Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die aartappels. Verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut vir 15 tot 20 minute. Geur na smaak.
2 Maak ’n snit bo in elke aartappel. Druk dit effens oop. Skep van die maalvleis in elke aartappel. Sit voor met slaai.

OF

Spek en Sampioen Vulsel:
4 Groot aartappels
5 ml Sout
5 ml Varsgemaalde knoffel
1 Pakkie Spek en Sampioen sous
125 g Spek, bros gebraai
125 g Sampioene in skyfies gesny en gebraai
½ Koppie suikermielies
1 Koppie gerasperde kaas
Metode:
Kook die aartappels in die die skil vir 15 minute. Sny die aartappel s in die dwarste deur en skep die helfte van die vleis uit en maak lekker fyn. Maaak ‘n pakkie spek en sampioengeur sous aan volgens die instruksies. Meng die sous, sampioene, spek, mielies  ks en die aartappels saam. Skep in die holtes en plaas in voorverhitte oond by 180°C vir 15 minute. Lewer 4 porsies. Bedien as ligte aandete met ‘n groenslaai.

OF

Tuna Vulsel:
4 aartappels
20 mℓ sprietuie, fyngekap
30 mℓ rooi soetrissie, fyngekap
1 blikkie tuna, gedreineer
60 mℓ cheddar, gerasper
20 mℓ gewone jogurt (ek gebruik sommer mayonnaise)
olyfolie
Bak die aartappels in 'n oond by 200°C vir 'n uur. / Of prik die aartappels met 'n vurk en maak dit gaar in 'n mikrogolfoond by 100% krag vir 4 minute.
Probeer om nie die dop te breek nie, behalwe waar jy 'n gat aan die bokant van die aartappel maak. Hol die aartappel uit. Hou die dop eenkant.

Soteer die sprietuie en soetrissie saam in 'n klein bietjie olyfolie vir 1 minuut.
Voeg die tuna by en soteer nog 1 minuut.
In 'n mengbak voeg jy nou al die bestanddele , behalwe die aartappeldop en 30 mℓ cheddar, saam en meng goed – dit sluit die aartappel in wat jy uit die dop gehaal het.
Vul die dop met die mengsel en strooi die res van die kaas oor. Plaas die gevulde aartappels onder 'n oondrooster tot die kaas gesmelt is.
Bedien die aartappels dadelik saam met 'n groenslaai.