Friday 28 June 2013




Hoender-en-Patat Potjie

2 groot uie, in ringe gesny
3 knoffelhuisies, fyngedruk
2 selderystingels, in ringe gesny
olie
8 hoenderdye
sout en peper na smaak
5 groot patats, geskil, in ringe gesny
8 wortels, geskil, in stukke gesny
200g droë appelkose (opsioneel)

250ml wit wyn
10ml sojasous
75ml sagte bruin suiker
15ml tamatie-of mosterdsous(soetsuur soort)
10ml basiliekruid

Soteer die uie, knoffel en seldery in ‘n bietjie olie in ‘n pot tot sag. Geur die hoenderdye met sout en peper, voeg by en braai tot bruin. Pak die groente in lae op die hoender, met die appelkose heel bo. Meng die wit wyn, sojasous, bruinsuiker, tamatie- of mosterdsous en basiliekruid en giet bo-oor. Bedek, verlaag die hitte deur van die kole te verwyder en prut tot die hoender en groente sag en gaar is. Moenie roer nie, maar skraap net die boom van die pot van tyd tot tyd met ‘n skoon spaan sodat die kos nie aanbrand nie. Geur na smaak met sout en peper.