Friday 28 June 2013

ERTJIE GROENTESOP




ERTJIE GROENTESOP 
Hierdie resep vries ook baie goed en hoe langer dit staan hoe lekkerder word dit.


4 wortels gerasper
4 aartappels gerasper
4 tamaties skille verwyder en gekap
2 uie
1 pakkie "Chicken Noodle" soppoeier
1 koppie split ertjies
1 sopbeen of skenkel vleis / 1 x 250 g-pak swoerdlose spek (in blokkies gesny en gebraai)
sout en peper
1 blikkie ertjiesop

1/4 k tamatiesous
4 e worcestershire sous

 Week ertjies oornag. Kook ertjies, sopbeen en uie saam. Voeg gerasperde wortels, aartappels en tamatie by en kook tot sag. Voeg genoeg water by om 'n taamlike dik sop te maak. Gooi pakkie sop en blikkie ertjiesop by. Roer dit in die sop. Voeg nou die ander geurmiddels by, Kook dit vir so 5-10minute en bedien met lekker vars brood of rolletjies.