Friday 17 May 2013

Veelsydige Sousie

 
 


BESTANDDELE

60 ml (4 e ) olyf- of avokado-olie
60 ml (4 e) balsamiese of rooiwynasyn
45 ml (3 e) goeie gehalte blatjang
45 ml (3 e) goeie gehalte tamatiesous
30 ml (2 e) gekapte roosmaryn of tiemieblaartjies

 

METODE


1. Plaas al die bestanddele in ‘n glasfles en skud saam tot dit goed gemeng is.
2. Hou dit in die yskas en gebruik saam met ‘n verskeidenheid geregte en bestanddele.

Idees met die sous:
• Gebruik dit as marinade vir vleis of hoender voor jy dit braai.
• Verf dit oor hoender en groente wat jy in die oond rooster vir ‘n eenskottelgereg.
• Verbruin hoenderborsfilette in ‘n pan en voeg van die sous by. Prut vir ’n paar minute en sit met kapokaartappels voor.
• Braai uie en voeg van die sous by om ’n vinnige sous vir mieliepap te maak.
• Braai frikkadelle in ’n pan, skep uit en sit blokkies vars tamatie in dieselfde pan. Braai vir ’n paar minute en gooi van die sous oor. Laat prut tot die tamaties sag is en plaas frikkaddelle terug in die sous.
• Braai uie, sampioene en soetrissies en voeg van die sous by. Sit voor as sous met braaivleis of met wors en kapokaartappel of vir ’n gourmet hamburger.
• Voeg speserye na smaak by die sous om die ’n ander geur te gee, bv komyn, kerriepoeier of Chinese 5-spice. Gebruik dit oor hoender, varkvleis of varkribbetjies.