Monday 20 May 2013

Tuna Voorgereg Idees

 
 
Chesca Zeelie Van Zyl (foto aangeheg) 
 
2 blikkies tuna in water, 250ml melk, 60ml koekmeelblom,15ml franse mosterd, sap van 1/2 suurlemoen, 15 ml gelatien, 400ml koue water, sout en peper na smaak, neutmuskaat - los gelatien op in 25ml koue water ne voeg dan 100ml warm water by. boeg 375ml koue water by en laat afkoel. Maak witsous met botter, meelblom en melk en geur met sout en neutmuskaat. Voeg tuna by witsous. Ek voeg die water van die tuna ook by. Voeg suurlemoensap, mosterd en 50ml gelatienmengsel by. Ek het bietjie van die gelatien mengsel in hartjie vorm pannetjies gegiet, hartjies uit tamatie gedruk en in die gelatien gesit met vars gekapte pietersielie. Ek het die res van die gelatien by die tuna mengsel geklits en die tuna mengsel in die hartjie vorms gegiet. Dit oor nag gestol. Die pannetjies in warm water gedoop en uit gekeer op geroosterde hartjie broodjie met olyfolie gespuit en vir paar minute onder die gril van die oond gesit, met sweetchillie sous gesmeer. Wha-la.. maklik...



Michael Coetzee

Neem 'n franse brood en sny 'n skuins skywe... drizzle met olyfolie en rooster in 'n pan tot bros en bruin... Neem tuna (dreineer olie), meng met mayo, gekapte ui, klien bietjie vars chillie/tobasco, suurlemoensap, sout, varsgemaalde swartpeper en sit op skywe geroosterde franse brood... rond af met baie fyn gekapte pietersielie...

Vir diegene wat nie tuna/vis eet nie, veravng met fyn hoender en res van bestanddele...


Sanet Stander

Vat tuna, sny tamatie in, kan klein ertjies insit as jy wil, en of pynappel. Eintlik eigeiets waarvan jul hou. Meng met seafood dressing of gewone mayo en bedien op 'n slaaiblaar

Jennifer Clarke Beckemeier

I make tuna salad and serve on toast: tin of tuna in oil, reserve half oil, red and yellow bell peppers, tomatoes, English cucumber - all diced. A small tin of whole sweetcorn kernels, reserve half liquid. Optional - boiled eggs chopped. Mix with Miracel Whip, which is made more liquid with the oil and sweetcorn liquid, s&p, salad herbs. A small tin of tuna, sweetcorn used, will serve about 10 servings for a starter.

Charmaine Hattingh Swanepoel

Iets wat ook vrek vinnig is en baie smaaklik is om tuna met mayo en vrugte blatjang aan te klam. Ek kap dan uie fyn. Voeg fyngekapte dille en grof gemaalde sout en peper by om lekker klam mengsel te maak. Dan vat ek geblikte halwe pere, sit 2 halwes op blaarslaai ( gekap of heel soos jy daarvan hou) en vul die holte van elke peer met jou tuna. Lekker soet/sout en jy kan byvoeg soos jy en jou familie daarvan hou. Pere kan vooraf gepak en gevul word maar ek maak my bordjies dan toe met clingwrap toe om te keer vir uitdroog. Enigste probleem is dat dit koue voorgereg is met die koue weer saam.

Lorett Brittnell

Heerlikste Tuna voorgereg: maak tuna fyn. fyn gerasperde uie na smaak, pietersielie vir kleir en fyngedrukte ryp piesang met mayonaise, bietjie suurlemoensap, sou en peper.(meer piesang as mayonaise). Dis 'n onverbeterlike kombinasie op slaaiblare

Belinda O'Connor

My ma het toe ons kids was n gereg gemaak met tuna en harde chips wat sy dan met kaas gestrooi het en gebak het, ek kan ni al di bestandele onthou ni. Maar sy het dit met lae gepak en dit in oond gedruk. Enige geur sal seker werk maar ek sal sout en asyn gebruik

Georget Blignaut Swanepoel

Tuna, klein stukkie uie fyn gekap, 1 avo en mayo, sout en pepper.. Druk avo fyn meng als saam , bedien in n blaar .. Garneer met pietersielie,suuremoen skil..