Monday 20 May 2013

Kerriehoender met Vrugte (50 - 60 porsies)



7,5 kg hoenderborsies en dye
8 uie, geskil en gekap
10 knoffelhuisies, geskil en gekap
sonneblomolie
150 ml matige kerriepoeier
100 ml borrie
10 ml fyn koljander
10 ml fyn kaneel
312,5 ml matige vrugteblatjang
sap van 5 suurlemoene
100 ml fyn appelkooskonfyt
37,5 ml sout
7,5 ml peper
5 Granny Smith-appels
20 ryp piesangs
625 ml sultanas
water

Kook die hoender sag, ontvel, ontbeen en kap in blokkies. Verhit die olie in 'n swaarboomkastrol en braai die uie en knoffel daarin tot deurskynend. Meng kerriepoeier, borrie, koljander, kaneel, suurlemoensap, appelkooskonfyt, blatjang, sout en peper. Voeg die mengsel by die hoendervleis, bedek met water, sit die deksel op en prut ongeveer 15 minute lank oor matige hitte.
Rasper die appel en druk die piesangs fyn. Voeg dit saam met die sultanas by die vleismengsel in die kastrol en laat prut nog 15 minute lank. Roer gereeld, want dit brand maklik aan na die vrugte bygevoeg is. Sit die gereg voor met geroosterde klapper en gekookte rys