Tuesday 14 May 2013

Sosaties Wildsvleis



2.5 kg Wildsfilet in blokkies gesny.
1.5 kg Lamsvleis in blokkies gesny.
½ kg varkspek

2 groot uie in ringe gesny
1 Eetl kerrie poeier
½ Eetl borrie
2 Eetl suiker
1 Eetl mielieblom
2 Eetl perske blatjang

1½ koppie asyn
1½ koppie water

METODE:
Braai die uie in olie tot sag. Voeg 1½ koppie water by en stowe vir 5 minute.
Meng kerrie poeier, borrie, suiker, mielieblom, asyn en blatjang saam. Voeg by die gebraaide uie en prut vir 3 min. Laat afkoel.
Sout en peper die vleis na smaak. Voeg 6 jong suurlemoen blare en 6 lourier blare by die vleis. Voeg afgekoelde sous by vleis. Meng deeglik. Plaas in die yskas vir 3 dae. Roer vleis daagliks.

Ryg vleisblokkies op Sosatie stokkie