Thursday 23 May 2013

Rolly Polly in Turbowave




Vicki Veiga Broodryk
More almal. ek's besig om Rolly Polly te maak..
Wie is lus vir n stukkie..

ROLLY POLLY
1k botter/margarine
2k meelblom
1tl bakpoeier
knippie sout
2 eiers

1/4 k melk

sif die droe bestandele saam
vryf die botter in
klits eiers goed en voeg melk by.
voeg by die droe bestandele en meng.
rol die deeg uit en smeer applekoos konfyt oor.
rol op soos n rolkoek en sny in skywe. pak bietjie uitmekaar uit, dit swel uit..

gooi sous oor.
3k water
1k suiker
2El botter
koos saam in mikrogolf vir 5 min.
gooi oor die rolly polly en bak 1 uur by 180grade C

GENIET DIT.

Dis vreeslik lekker. Ekt vanilla by die deeg en suiker water gegooi.. volgende keer gaan ek ook half water half lemoensap gooi en kyk hoe kom dit uit.

het dit sommer in die Turbowave gemaak. tyd verkort na 40min ipv n uur. so half pad om gedraai dat dit mooi gaar word. ook vanilla geursel by die deeg gegooi..