Monday 20 May 2013

Pophuiskoekies vir kleuters

 



Hannelie Barnard

Kleuters het vandag pophuiskoekies "gebak" met doppies, speelklei , kraletjies en blinkers. Lyk eetbaar!Maak speelklei met meel, olie, sout en kleursel. Meng met warm water (amper kokend) en knie goed deur. Ek het nie presiese hoeveelhede nie. Omtrent 1 kop meel, halwe kop sout, eetl olie en water bietjie vir bietjie bymeng. As te taai is, gooi meel by. Ek meng gewoonlik in 'n stewige plastieksak om nie hande te bemors nie. Deel, druk in doppies en druk allerlei bo-op.