Wednesday 22 May 2013

Ouma se Melkkos





2½ liter melk
1 teelepel sout
2 koppies koekmeel
4 teelepels bakpoeier
125 g botter of margarien
kaneelsuiker
Bring melk en sout tot kookpunt in groot kastrol.
Verwyder van warm plaat.
Frummel intussen die koekmeel, bakpoeier en margarien saam.
Voeg dit stadig by en roer met draadeklitser.
Die bakpoeier laat die melk bruis daarom het jy 'n groot kastrol odig.
Laat dit prut vir 20 minute.
Skep op en strooi kaneelsuiker oor.