Wednesday 22 May 2013

Malva en Appel Slaai of Malva en Pynappel Slaai

Cecile Moore

Ek sny appels met skil, in blokkies, snipper malvalekkers in en meng met yogurt van jou keuse. Laaste grof gemaalde peper. Ek koop sommer altyd die klein malvalekkers. Dit kan maar lekker klam van die yogurt wees en verskillende kleure appels laat dit mooi lyk. Ek het nie mates nie.


Dreineer ‘n 440g Fyn Pynappel en gooi die sous in ‘n mengbak.
Sny 2 x 150g pakkies Malvalekkers in kwarte in die pynappelsous in.
Vryf elke stukke malvalekker met die sous om te voorkom dat die stukkies aan mekaar vas sit.
Voeg nou die Pynappel en 175ml Grenadella Joghurt by en meng goed.
Die gereg kan dae vooruit gemaak word en smaak op sy beste na twee of drie dae.