Wednesday 22 May 2013

Mina se Fudge



Gerrit En Mina Viljoen
So lyk die beskuit/koekpannetjies waarin ek fudge maak. Julle sal sien dat die fudge bietjie te min is vir die pannetjie, daarom soek ek 'n resep wat meer as 7kp suiker vat. Ek het die resep in die Manna & Kwarteljies van die Hervormde kerk Otjiwarongo gekry. Ek noem dit Onfeilbare fudge, want dit het nog nooit geflop nie: 7 kp suiker, 1 kp koekmeelblom, 1 blik (397g) kondensmelk en 1 blik kookwater, 1 tlp vanieljegeursel, 3 eetlp stroop, knippie sout en 250g botter. Smelt kondensmelk, kookwater, stroop en botter saam. Meng suiker, sout en koekmeelblom. Voeg dit by die stroopmengsel. Kook vir 20 - 25 minute tot dik. Voeg vanieljegeursel by. Klits tot dik en witterig van kleur. Skep in pannetjie wat met spray n cook gespuit is. Laat afkoel en sny in blokkies met drukkertjie. Werk vinning.