Thursday 23 May 2013

Malvalekker en Milo Drankie





Jy benodig
•12 teelepels Milo
•1 liter melk
•1 pak malvalekkers
•Versierlekkertjies (Hundreds and Thousands)
Só maak jy
•Deel die Milo-poeier in vier bekers.
•Kook die melk en gooi dit by die Milo in die bekers en roer totdat die Milo opgelos is.
•Dompel 'n paar malvalekkers in die warm Milo.
•Besprinkel elke beker nou met versierlekkertjies
•Laat dit ’n bietjie afkoel en roep die kinders!