Thursday 23 May 2013

KLAPPER VISKERRIE





800g vars lynvis-steaks
Sonneblomolie vir braai
2 uie grofgekap
1 knoffelhuisie grofgekap
4 tamaties geskil en gekap
2 vars rissies ontpit en gekap
25ml fyn koljander
25ml kerriepoeier
5ml fyn borrie
1 bossie vars koljanderblare
50ml tamatiepasta
250ml klappermelk
Tamarynpasta of suurlemoensap na smaak
Geurige rys en suurlemoenwiggies om voor te sit

Verhit sonneblomolie in ‘n groot pan en sorteer die uie tot sag.  Pols die uie, knoffel en tamaties in ‘n voedselverwerker tot glad.

Meng die rissies, droë speserye en 25ml gekapte vars koljanderblare saam.  Sny kepe in die vis en skep van die speserymengsel daarin.

Verhit ‘n dik laag olie in ‘n kleefvrye pan.  Brai die vis versigtig aan albei kante.  Skep uit en hou eenkant.

Verhit die tamatie-en-uiemengsel, tamatiepasta, klappermelk, ‘n hand vol gekapte koljanderblare en ‘n knippie suiker in ‘n groot, plat kastrol.  Laat dit vir 15 minute prut.  Skep die vis versigtig in die sous.  Laat dit vir 5 minute prut.  Voeg tamarynpasta of suurlemoensap na smaak by en geur die kerrie met sout.  Sit voor met geurige rys en suurlemoenwiggies.