Wednesday 22 May 2013

Lemon meringue tert x 2

Danel Rogers

1 blik kondensmelk, 3/4 koppie suurlemoen sap, 3 eiers geskei, 1 pakkie tennis beskuitjies en 100g margerien . meng kondensmelk en suurlemoensap en eier gele goed tot styf. krummel die beskuitjies en meng met margerien en sit in tert bord gooi kondensmelk mengsel in en klop die eierwitte styf met 3/4 koppie suiker sit bo op tert en bak in die oond teen 150 grade tot eier witte gaar en bruin is



Melodie Steyn

1 blik kondensmelk, 2/3 koppie suurlemoen sap, 1 teelepel suurlemoen skil gerasper, 3 eiers geskei. knippie sout, 4 eetlepels yskas water end 8 eetlepels strooi suiker. vir kors gebruik ek Nutticrust biscuit- dit het 'n lekker smaak. kop eiers wit, water saam en geleidelik gooi die strooisuiker teelepel gewys by. Dit moet 'n sagte blink tekstuur hê. Klits omtrent 10 minute. klits dan die suulemoen sap en skil by die eiergeel en knippie sout. Pak beskuitjies in bak, gooi eiergeel mensel stadig bo-oor en skep dan lepels vol eierwit bo-oor. Bak teen 180 vir so 7-12 minute tot mooi ligbruin.

Jammer, ek het die 1 teelepel bakpoeier by die Eierwit mengsel vergeet om te noem. Gooi dit in saam met die yskaswater. Dit "volumise" die merinque.