Wednesday 22 May 2013

Ingelegde kerrie kwepers

Tania Schreuder Van Zyl
Ingelegde kerrie kwepers

2 Eetlepels Maizina
2 Eetlepels blatjang
2 kg kwepers geskil en in blokkies gesny
1 kg uie fyn gekap
1 en 'n halwe teelepel matige kerrie poeier
1 teelepel borrie
1 teelepel mostert

1 koppie asyn
3 koppies suiker
1 teelepel sout

Plaas kwepers saam met uie in 'n pot en bedek met water.
Bring tot kookpunt en kook vir 10 minute
Gooi die water af, maar hou 'n koppie water eenkant
Meng asyn, suiker, borrie, kerrie, sout, blatjang en mostert en bedek kwepers en uie.
Kook vir ongeveer 10 minute. (as die sous nog 'n bietjie water kort, gooi die koppie kweper water by)
Meng twee eetlepels maizina met 'n klein bietjie koue water en gooi dit by die kwepers om die sous dik te maak.
Sodra die sous verdik het, gooi dit in gesteriliseerde glasbottels en laat staan vir 'n rukkie. Sodra dit bietjie gesak het, gooi nog 'n bietjie van die mengsel by en verseel.
Heerlik saam met braaivleis en as bykos.