Tuesday 16 April 2013

Vetverbrandings Dieet




Basiese Sopresep

5 groot tamaties
12 wortels
6 groot uie
2 blikkies groenbone
1 bondel seldery
2 beef blokkies

1 pakkie wit uiesop

Sny of rasper groente.  Plaas al die bestandele in pot behalwe soppoeier.  Bedek met water en geur met sout, peper en pietersielie.  Kook vir 10 min.  Verlaag hitte en prut tot groente sag is en voeg soppoeier by.  Kook op, laat afkoel en hou in yskas soos benodig.

LET WEL:  GEEN DRANK, GASKOELDRANK OF DIEET KOELDRANK SLEGS KOFFIE OF TEE SONDER SUIKER

DAG 1:
Soveel sop soos jy wil.  Vrugte behalwe piesang

DAG 2:
Soveel sop soos jy wil.  Groente (geen vrugte, boontjies, mielies of ertjies)  Kan die aand een gekookte aartappel met botter eet

DAG 3:
Soveel sop soos jy wil.  Groente en vrugte maar geen aartappel. 

Kan reeds ongeveer 2 kg verloor het as jy nie gekroek het nie.

DAG 4:
Soveel sop soos jy wil.  Te minste 3 piesangs (dit keer dat jy nie honger word nie) en vetvrye melk

DAG 5:
Soveel sop soos jy wil.  Steak en tamaties

DAG 6:
Soveel sop soos jy wil.  Steak en groente maar geen aartappels nie

DAG 7:
Soveel sop soos jy wil.  Bruinrys en groente

Jy kan nou al so 6kg verloor het as jy nie gekroek het nie.

Dieet is ook detox.

Kan vir solank as jy wil op die dieet bly.

HOE MEER SOP JY EET HOE GROTER DIE KANS DAT JY GEWIG VERLOOR, DIE SOP VERBRAND DIE VET.

DIT WORD VOORGESTEL DAT DIE DIEET NA ELKE 2 WEKE GEBREEK WORD EN WEER HEVAT KAN WORD.

MOENIE DIE BREEK WEEK OORDOEN NIE, HOU BY GROENTE, VRUGTE EN WIT VLEIS.