Tuesday 16 April 2013

Asynpoeding




(6 porsies)
Sous
•500 ml kookwater
•300 g (375 ml) suiker
•125 ml bruinasyn

Beslag

•25 ml botter
•100 g (125 ml) suiker
•25 ml appelkooskonfyt
•2 eiers, geklits
•180 g (320 ml) koekmeel
•5 ml koeksoda
•2 ml sout
•10 ml fyn gemmer
•2 ml fyn neut
•50 ml melk

Verhit oond tot 180 ˚C. Begin met die sous. Gooi al die bestanddele vir die sous in 'n kastrol en bring tot kookpunt. Laat prut vir 5 minute. Gooi sous in 'n oondbak van sowat 20 x 15 cm. Laat heeltemal koud word voor jy die beslag daarin skep. Vir die beslag Room die botter en suiker baie goed saam tot lig en romerig. Voeg appelkooskonfyt en eiers by en meng goed. Sif meel, koeksoda, sout, gemmer en neut saam. Vou meelmengsel saam met melk in die bottereiermengsel in. Skep beslag in stroop. Dit gaan lyk of dit in die stroop dryf. Plaas in warm oond en bak vir 30 - 40 minute tot goudbruin. Sit warm voor.