Thursday 11 April 2013

Trix se Appelkoek

Appelkoek (tert)


200 ml (4/5 k) margarine
250 ml (1 k) suiker
2,5 ml sout
5 mlo vanieljegeursel
3 eiers, geklits
500 ml (2 k) bruismeel, gesif
200 ml (4/5 k) melk
1 groot blik tertappels
Fyn kaneel

Kaneelsuiker:  30 ml suiker en 2,5 ml kaneel


STROOP:

90 ml ( 6 e) suiker
60 ml (4 e) botter
30 ml (2 e) suurlemoensap

Room


Oond op 190⁰C
Klop margarine en suiker tot romerig en voeg sout en geursel by.
Voeg eiers geleidelik by en meng
Voeg bruismeel en melk beurtelings by geroomde mengsel en klop tot alles goed gemeng is.
Skep helfte an beslag in ‘n gesmeerde oondbak. Pak appelskywe bo-op en strooi kaneel oor.
Skep res van beslag oor en strooi kaneelsuiker oor.
Bak 25 minute lank en verminder temperatuur na die eerste 10 min tot 180⁰c
Kook stroop 5 min lank. Prik kors van koek met vurk as dit uit oond kom en giet warm stroop oor.

(Wat ek doen is om die appels en beslag alles te meng en  alles dan in die bak te sit. Is vir my baie lekkerder.)