Tuesday 23 April 2013

sampioensous vir steak hoender of vis

Ronel d'Assonville Prinsloo
Lekker sampioensous vir steak hoender of vis : 1 pakkie sampioene gesny, botter om sampioene in te braai, 45ml koekmeel, halwe hoenderblokkie opgelos in 1 koppie kookwater, en melk. Braai sampioene in botter voeg koekmeel by en roer deur, voeg die hoenderaftreksel by kook n rukkie. Voeg melk by soveel as nodig is om n lekker dik sous te maak. Laat prut n rukkie en bedien.