Wednesday 24 April 2013

PATATS MET MALVALEKKERS



2 kg patats (ongeveer 4)
50 ml margarien
125 ml melk
5 ml suiker
5 ml sout
1 ml witpeper

6 malvalekkers

Was die patats en kook dit met skil en al in kokende soutwater totdat dit sag is -ongeveer 45 minute lank.
Trek die skille af en maak die patats fyn.
Voeg 25 ml van die margarien, die melk, suiker, sout en peper by en meng goed.
Skep die patats in 'n gesmeerde oondbak en stip dit met die res van margarien.
Halveer die malvalekkers en rangskik dit bo op die patats.
Bak dit ongeveer 15 minute lank by 160 C totdat die malvalekkers begin smelt.