Monday 15 April 2013

Michael se Beef Shin




BEEF SHIN
Jy kan natuurlik die shin ook stadig (140 grade) in die oond bak met foil op totdat die vleis lekker sag is. Haal dan foil af en verhoog hitte na ten minste 180 grade en bedruip met mengsel van worcestersous, heuning, chutney en bisto... Bedien op stampmielies of mash...


Skenkelvleis? Ek stoom in stoompot tot dit van die bene afval, stoom dan aartappels, gebraaide uie en wortels by, maak die sousie dik en bedien met rys... Deesdae sit mense dit in 'n 'slow cooker' met dieselfde effek! Die murg kan jy op roosterbroodsmeerhoor ek, maar ek gaps hul so uit die bene voor die ander kry..as daar van die sousies oorbly kook ek die volgende dag Boontjiesop daarmee! Week oornag jou bone in kookwater, gooi die kaboemwater af en stoom in die sous gaar, kyk maar net dat die sous bietjie dunner gemaak word met ekstra water, anders kan dit aanbrand. Geniet!