Monday 15 April 2013

Eenpot-hoendergereg




45 ml koekmeel
Hoenderspeserye
8 hoenderdye
45 ml olyfolie
3 knoffelhuisies, fyn gedruk
2 uie, fyn gekap
1 x 410 g blik gekapte tamaties
1 x 410 g blik keker-ertjies

125 ml witwyn
125 ml hoenderaftreksel
Sout, vars gemaalde swartpeper en suiker na smaak
Groot hand vol gekapte, vars pietersielie


Meng die meel en hoenderspeserye saam en bestuif elke hoenderdy daarmee. Verhit die olie in ’n swaarboompan en braai die hoender daarin bruin.

Skep uit en hou eenkant. Braai die uie en knoffel in dieselfde pot tot gaar en voeg die tamaties, keker-ertjies, wyn en aftreksel by.

Verhit tot kookpunt en laat prut vir 3-5 minute. Geur na smaak met sout, peper en suiker. Sit die hoender in die sous, bedek en bak vir 40 minute. Haal die deksel af en bak vir nóg 20 minute.

Sprinkel pietersielie oor en sit voor op rys, koeskoes of fynaartappel.

Lewer 6-8 porsies.