Thursday 4 April 2013

Louis se Paas Koekstruif




Louis Mulder
Ek het die resep uit my kop uitgemaak,elke bestandeel het vir my n boodskap van Jesus se kruisiging,maar okay,ek respekteer die feit dat nie almal in Jesus glo nie,so dit daar gelaat.Die resep is as volg:
Een pakkie Nutti Krust Koekies ,200 gram dadels,
een medium botteltjie groen vye,5 hot cross buns,1 slab dark chocolate(Albany), 500 ml rooi Muskadel wyn,4 eetlepels maple goue stroop,een houertjie Black Berries(ek koop myne by Checkers),vlapoeier,bruinsuiker en cinamon,en dan natuurlik marshmallow paaseiers. Metode:Druk die Nutti Krust koekies met n masher fyn in n mengbak.Smeer n dun lagie Stork bak margarien onder in n medium groote bak(myne is n glasbak,100 mm diep en 200 mm deursnee)Die smeer is net om die fyngemaakte koekie onder vas te hou sodat dit nie op n hopie dryf as jy vloeistowwe ingooi nie.Strooi die Nutti krust eweredig en druk effe vas.Snipper dadels en groenvye in klein stukkies en strooi bo-op koekies.Sny hot cross buns in kwarte,en pak mooi al in die rondte,met die geronde kante na die buitekant van die bak se rand se kant.Die idee is dat dit soos n mosaiek,perfek volgepak moet wees.Smelt die donkersjokolade in n mengbeker,voeg Muskadelwyn en maple stroop by en verhit die mengsel tot kookpunt(mikrogolf werk perfek hiervoor) .Gooi die mengsel eweredig oor die bokant van die hot cross buns .(Ek kan julle beloof ,as julle hierdie kontrepsie gaan eet,gaan jy proe hoe sag proe daardie hot cross buns van hierdie wyn en sjokolade!)Versprei die Black berries eweredig bo-oor die hot cross buns,daar sal bes moontlik oorbly wat jy saam met roomys kan eet!Maak nou jou vla aan in n maatbeker dat dit nie waterig is nie,vir my was dit maar n kwessie van bygooi,bygooi totdat dit n mooi romerige formaat gekry het,die pakkies se aanduidings is ook maar net n aanduiding!Voeg so 4 desertlepels bruinsuiker by,en twee van dieselfde lepels,met cinamon,en roer goed.Jy gaan so n lekker pannekoekerige reuk hieruit kry!Gooi die mengsel eweredig oor jou poeding,sny paaseiers in halwes,pak dit mooi bo-op,en sit in die yskas dat alles lekker kan stol.Na so twee uur kan jy uithaal en geniet.!Ons het oor elkeen se porsie nog vla gegooi,jy kan dan sommer van die lang raklewe vla(Ultramel) gebruik Omdat die vla mensel warm is,trek hy dwarsdeur die poeding ,so jy moet maar vla op jou porsies by gooi om dit net nog lekkerder te maak,maar ek glo vanielje roomys as n ''topping'' kan net so goed werk .Ek verkies altyd om vla aan te maak vir my poedings en ''trifles'',ek vind dat dit beterr penetreer,en die langlewe vla het n manier dat dit waterig word as mens dit direk in n resep gebruik .Net n laaste woord:hierdie is n baie soet storie,maar ek dink dis nogal heel lekker!Hy het so n skoppie in hom soos die Kersfees se brandewynpoedings ,maar ek moet se,ek het die aroma van die vrugte ,wyn en cinamon baie geniet.!