Wednesday 24 April 2013

Jassie vir Hondekinders

Theresa Buitendag
Ek het 'n oulike en goedkoop idee vir "jassies" vir hondjies. Ek vat 'n ou sweetpak top se mou. Die "ribbing" gedeelte gaan die nekband wees. Die naat gaan aan die onderkant (by die pensie) wees. Meet die lengte van die hondjie (of katjie) en knip die mou dienooreenkomstig. Sny nou aan die naat se kant (onder) 'n deeltjie uit vir reuntjies (vir die beenlig tyd). Meet van die nekband af waar die voorbene moet deurgaan. Knip hier ronde gaatjies en soom dit om of werk ribbing in. Soom nou net die soom aan die stertkant en voila - 'n lekker warm jassie vir brakkie.