Thursday 4 April 2013

Hettie se dieet

 
 
Hettie Coetzee
Hiers 'n onfeilbare dieet by dokter Barnard in Upington gekry. Ek het dit net een keer in my lewe gedoen. Die geheim is agterna, om op 'n stabiliserings dieet te gaan. Ek het 30 kg in 1 maand verloor en my boet 31 kg. dit was na my eerste kind se geboorte. Dit was vinnig effektief en gou oor en verby. Dit is nou 38 jaar later en ek het nooit daardie gewig weer opgetel nie. Dit lyk so, Appel vir ontbyt, en dan 2 maal per dag, 100 g steak, 1/2 skorsie, 1/2tamatie 1e kool en soveel blaarslaai as wat jy wil en dan die 8 glase water. Omdat ons 2 was wat dit saam gedoen het, was dit glad nie moeilik nie. Ek het altwee etes se groente gaar gemaak en dan net die vleis vir elke ete. Ons het wel sout gebruik en dan suurlemoenpeper oor die tamatie, blaarslaai en vleis gestrooi. Gewaarborg 1 kg 'n dag! As mens jonk is, hoef is daar nie plooie en velle nie want die vel is nog elasties genoeg om die verlies te hanteer metsy die water gedrink word. ~~~~~~~~~~~~~ Emmarencia Fredrika Moens
stabiliserings dieet Ontbyt, 1 Sny volgraan of volkoring brood met 1 gekookte eier met enige iets soos gekapte tamatie en ui daarby of 1t mayo en 1 t peppadew. Enige iets is reg saam met die eier solank daar geen suiker, suiwel en vleis by is nie. Middag ete 'n halwe gekookte aartappel in die skil medium grootte met enige iets op behalwe suiker, vleis en suiwel produkte. Die porsie moet so groot soos die aartappel helfte wees. OF 1/2 Avo met iets op en hierby kan cheddar kaas (100g) en uie geeet word of enige iets anders die grootte van 'n klein (ons noem hulle botter avos) avo, dit is nou die vulsel. Dit maak nie saak hoe groot die avo is of watter soort nie. Aandete is 100g enige vleissoorte vir die dames 150g vir die mans, die soorte gekookte groente, geen stysel, aartappels of pasta en 'n koppie mengelslaai, enige iets net solank dit nie stysel, aartappels of pasta bevat nie met nie meer as 1 e slaaisous nie. 200ml koffie of tee of 150ml melk geen suiker. Jellie self gemaak met gelatine en dieet aanmaak koeldrank. 1/2 Koppie light Ultra Mel.
~~~~~~~~~
Lucinda Steenekamp
Skuus dat ek nou vra maar is die Ontbyt, 1 sny volgraan of volkoring brood met 1 gekookte eier ens die stabilisering dieet?
~~~~~~~~~~~
Emmarencia Fredrika Moens
TJa, die ontbyt is een sny brood met 'n gekookte eier. Sodra jou gewig stabiliseer en dit is na so 'n week, want die eerste week gaan dit effens op en af en begin dan stilstaan, kan mens by die ontbyt en middagetes begin aanvul en na 3 weke die aandete. Maar elke verandering moet vir 'n week of meer bly sodat die gewig konstant bly oor 'n periode van 2 tot 3 maande. As jy optel en ek het myself en vandag elke dag geweeg, gaan dadelik terug na die eerste week se stabiliserings dieet tot jou gewig weer konstant is en sny die kosse uit jou dieet wat jou laat gewig optel en vervang dit met iets anders. Dit bly dan no go kosse en kan van tyd tot tyd geeet word. Mens vind met hierdie dieet gou uit waarvan hou jou liggaam en waarvan nie. Ek pesoonlik en my hele huisgesin selfs nou dat hulle uit die huis is, eet vrugte vir ontbyt, selfs vrugte slaai en brunch tussen 10 en 11. Aandete op die laatste 6 uur.
~~~~~~~~~~~~~Emmarencia Fredrika Moens
Hi Chantell, ek onthou van die vorige kommentaar het iemand dit genoem dat hulle stirfry maak van die groente en vleis en ek neem aan die blaarslaai fyn kerf en die stirfry bo-op skep. Miskien weet iemand hier wat om met "droe" steak aan te vang. Ek kan dit nie so onthou nie, is nogal lank terug. MAAR baie sterkte aan almal van julle wat die dieet volg. Dit is nie so erg nie en meer 'n geval van mind over matter, dan geniet mens dit selfs. Laat seblief weet wat gebeur of dit suksesvol is. Ek het soos ek reeds gese het 30kg in 30 dae verloor, twee weke stabiliserings dieet gevolg en toe nog 10 dae die dieet vir 'n verdere 10 kg en toe weer op die stabiliserings dieet gegaan en dit was 38 jaar gelede. Ek het oor die jare in totaal 7 kg opgetel, maar nou is ek ook al 'n "groot" vrou en neem aan dis maar hoe dit werk in die middeljare.~~~~~~~~~~~~~~~~~ Hettie Coetzee
Baie dankie Emmarencia vir die dieet ... Ek gaan beslis probeer vasbyt en sal laat weet! Ek wonder nou net, buiten die water wat ons moet drink, wat van tee en koffie .. Natuurlik sonder melk en suiker? ~~~~~~~~~~~~~

Emmarencia Fredrika Moens
Nee, Hettie Coetzee, ons het ook so gedink en toe ek die dokter bel en vra "mag ek", toe vra hy, staan dit op die diet? Nou ja, heel laas nee, veral nie koffie, tee en gas koeldrank nie. Dit hou water terug en gee selluliet en plooie. Dit is baie sleg in enige diet. Ongelukkig het julle die hele dieet. As dit nie daar geskryf is nie, is dit taboe. Ipv koue water in die oggend, prober 'n glas kookwater met 'n skyfie suurlemoen in. Dit is die naaste aan 'n warm drankie wat jy sal kom.
DIT IS SOOS EK DIT gecopy paste het! Hoop dit help. Groete Hettie