Friday 12 April 2013

Hetta se en resep vir suurroompasteideeg




 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Kokkedoor skop af met lamspastei, heerlike hartskos ongeag die seisoen. Beoordelaar Hetta van Deventer deel wenke en resep vir suurroompasteideeg, maklik genoeg vir beginnerkokke om ook in te spring.

Hetta se suurroomdeeg

100 g botter
150 g koekmeelblom
Knippie sout

125 ml (½ k) suurroom

Sny die botter in dobbelsteentjies en pols saam met die meel en sout in ‘n voedselverwerker tot dit die tekstuur van fyn broodkrummels het.
Voeg die suurrroom in, druk die deeg liggies bymekaar totdat dit ‘n deegbal vorm
Draai in kleefplastiek toe en laat rus vir 20min.
Rol uit op meelbestrooide oppervlak.

Wen-wenke vir uithaler-pasteideeg:

1. Pasteie het ligte, bros deeg nodig. Gebruik iets soos suurroom-, karringmelk- of broskorsdeeg wat maklik is.
2. Werk vinnig en moenie die bestanddele oormeng nie. Dit maak deeg taai, moeilik om te rol en dit krimp meer wanneer dit bak. (gluten ontwikkel in die meel as jy dit bewerk)
3. Voedselverwerker: wees ekstra versigting om deeg nie te oorwerk nie. Haal dadelik uit die mengbak sodra bal vorm en druk verder met die hand bymekaar.
4. Laat deeg rus: dit ontspan die gluten.
5. As jy die deeg rol en dis te slap, sit in die yskas om te verkil.
6. Bestrooi die roloppervlak liggies met meel, sodat die deeg nie vassit nie.
7. Deeg kan 2 dae hou in die yskas; bedek met kleefplastiek.