Tuesday 12 March 2013

Waskamer of Naaldwerk kamer versiering

As jy soek na trefkrag vir jou mure in die waskamer of naaldwerk kamer, is hierdie idee van Sarah Richardson vir my pragtig.


Jy kan natuurlik dit in enige kleurskema doen.  As jou vertrek liggroen is, maak die rame lig groen en sit die knopies binne die raam dalk in verskillende skakerings van groen.
Indien hierdie idee vir jou te "plain" is, kan jy die knopies in 'n hartjie vorm rangskik.
Die hele idee is om 'n ou raam te hergebruik en knopies uit jou laai, sodat hierdie projek nou nie 'n klomp geld kos nie.  Dis pragtige muurversierings verniet.