Tuesday 12 March 2013

Muur versiering vir 'n kombuis

'n Oulike idee om jou kombuis mure te versier vir omtrent niks geld uit jou sak nie, is om ou messe en vurke te gebruik.


Jy kan die messe en vurke mooi in 'n ou raam plak of jy kan self dit net so teen die muur vas plak.  Natuurlik lyk dit baie meer treffend as jy ou antieke messegoed gebruik.  Jy kan selfs as jy 'n moderne kombuis het, dit swart spuitverf om dit meer trefkrag te gee.