Thursday 28 March 2013

Tradisionele Souskluitjies

Tradisioneel - soos uit ouma se kombuis.

 

Souskluitjies
500 ml (280 g) Snowflake Koekmeel
60 g koue botter of margarine
2 ml sout
10 ml Bakpoeier
2 extra-large eiers
60 ml melk
750 ml water
kaneelsuiker om oor te strooi

Sous
± 750 ml water
250 ml (200 g) suiker
30 ml botter of margarine
8 ml Kaneel
2 ml Sout

1.    Sif meel, bakpoeier en sout saam. Vryf botter in met vingerpunte tot die mengsel lyk soos broodkrummels.
2.    Klits eiers en melk saam. Voeg die droë bestandele by en sny in met ‘n mes. Knie liggies tot stewige deeg.
3.    Kook water in ‘n swaarboompot op die stoof.  Skep eetlepels vol deeg in die kookwater.  Sit deksel op en kook vir 10 – 12 minute. Moenie in hierdie tyd die deksel op lig om te loer nie.
4.    Skep die kluitjies uit die water en sprinkel die kaneelsuiker bo-oor.
5.    Sous: Kombineer die bestandele in ‘n klein potjie.  Bring tot kookpunt en laat prut vir ‘n paar minute.  Haal van die stoof af en gooi oor die kluitjies.