Friday 22 March 2013

Kruiemarinade





Skuif ’n slag die braaisout opsy en maak jou eie geursout, geurmengsel of marinade vir ’n lams- of skaaptjoppie oor die kole.
125ml olyfolie
10 ml fyngerasperde suurlemoenskil
60 ml vars uitgedrukte suurlemoensap
10 ml knoffelsout
3ml varsgemaalde swartpeper
45 ml gekapte, vars kruisement
30 ml gekapte, vars roosmaryn
1 kg lamstjops

Meng allesvir die marinade saam. sit die
tjops in ’nverseëlbareplastieksakengooi
die marinade ook daarin. seël en verkoel
vir ongeveer een uur. Haal die vleis uit die
marinade, braai oor matige kole en geur
met sout en peper op die rooster. Lewer ses
porsies.