Tuesday 12 March 2013

Keker-ertjies en Lensies Slaai




Genoeg vir 4 porsies

SLAAISOUS
50 ml olyfolie
75 ml (7 e) witwynasyn
25 ml (5 t) heuning
15 ml (1 e) bruinsuiker
sout en peper

sap en skil van halwe suurlemoen

SLAAI
1 blik (400 g) keker-ertjies, gedreineer
1 blik (400 g) lensies, gedreineer
halwe komkommer, in baie klein blokkies gesny
2 tamaties, in baie klein blokkies gesny
1 klein ui, in baie klein blokkies gesny
4 agurkies, fyn gekap
60 ml (¼ k) gemengde vars kruie, fyn gekap

Meng al die bestanddele vir die slaaisous en plaas dit in ’n klein kastrol.
Bring tot kookpunt en verwyder van hitte en laat heeltemal afkoel.
Meng al die bestanddele vir die slaai in ’n groot mengbak en roer die slaaisous daardeur.
Sit voor met brood.