Tuesday 19 March 2013

Geute vol gras

Ai ek kan my somtyds verkyk aan die mooi redelik nuwe huise met die geute waarin die gras groei.  Beslis nie ietsie mooi en aanloklik nie.
Niemand het ook nog ooit gesê geute skoonmaak is 'n heerlike werk nie, maar ongelukkig is dit 'n werk wat jou nogal 'n hele klompie geld kan bespaar:

Nou hoekom al die harde werk?
1)  Verstopte geute kan veroorsaak dat die water oorloop na jou huis se dak en dan in suipel by jou plafon.  Later van tyd kan dit jou 'n hele klompie geld kos om te vervang / herstel.
2)  Soos genoem gaan gras wat in jou geute groei nie die kopers lok nie en beslis nie 'n goeie "curb appeal" vir jou huis verskaf nie.
3)  Water wat lek van jou geute of wat oorstroom van jou verstopte geute, loop langs jou huis en teen jou huis en dit kan jou fondasie beskadig.

3 Maklike stappe:
1)  Aan die begin van herfs net voor die eerste reën, maak jou geute skoon.  Neem maar die leer en klim op om daardie sand, stof en blare uit die geute te haal met 'n handgrafie.
2)  Daarna kan jy net elke nou en dan jou tuinslang by die geut in druk en met 'n sterk straal water die geut skoon spuit.  (Geen verdere harde werk nie.)
3)  As jy kansie het, seel sommer die lekplekkies van die geute met silikoon, om so doende te verseker jy hou die water weg van jou huis se fondasie.