Friday 1 February 2013

Waatlemoen Rice Krispie Malvalekker Lekkergoed




Ek sal die volgende resep gebruik, die wit malvalekkers se beslag sal ek groen kleur en die pienkes gebruik vir die binnekant. Druk dit in 'n rondekoekpan plat. Die swartpitte sal ek sommer 'n smartie gebruik.

60 ml botter
40 malvalekkers
1 tl vanilla geursel
6 kop Rice Crispies

Sit die botter en malvalekkers in groot glasbak.
Mikrogolf dit tot die malvalekkers uitgepof en sag is
Haal uit mikro-oond en roer die vanilla geursel by.
Roer die Rice Crispies met staallepel by.
Gooi uit in gesmeerde plat glasbak.
Maak jou hande effens nat en druk vas in die bak.
Laat afkoel en sny in blokkies.