Friday 1 February 2013

'n Heerlike Skenkelpotjie




Vir 10 tot 12 persone

Gebruik ‘n no. 3 of no. 4 potjie.
- 2 kg lamskenkels
- sout en swartpeper na smaak
- 4 medium uie – opgekerf
- 4 knoffelhuisies – fyn opgekerf
- 2 x 410gm blikkie geskilde, opgesnyde tamaties
- 1 x 410gm blikkie “chick peas”
- 1 x 115gm blikkie tamatiepasta
- 1 groot botterskorsie, geskil en in blokkies gesny (Na gekerf moet dit ongeveer 800gm weeg)
-'n koppie beesaftreksel opgelos in 250ml warm water
- ½ koppie rooiwyn
- 2 teelepels komyn
- 2 teelepels gemaalde koljander
- 2 eetlepels heuning
- 6 lourierblare
- 3 eetlepels witmeel
- kookolie

YsterPot
Voeg ‘n bietjie olie in die ysterpot en braai die vleis tot ligbruin.
Sout en peper die vleis en voeg ongeveer 400ml water by.
Kook die vleis oor matige kole vir ongeveer 'n uur en 'n half.
Terwyl jy wag vir die vleis, braai die uie saam met die komyn en koljander tot dit effe bruin is. (in ‘n dikboom pan).
Voeg die knoffel by en braai nog 'n bietjie.
Meng stadig die beesaftreksel, tamatiepuree, heuning, wyn en tamaties in en strooi die meel oor terwyl jy aanhou roer.
Voeg die lourierblare by en bring tot kookpunt.
Nadat die vleis 'n uur en 'n half gekook het, meng die inhoud van die pan met die vleis en plaas die “chick peas” en buttenut bo-op die vleis.
Sout die potjie liggies en kook vir nog ongeveer 30 minute.
Roer liggies en bedien.