Wednesday, 27 February 2013

Tamatiekoeskoes




Bestanddele..
◦¼ koppie songedroogde tamaties (nie olieverpak nie), fyngekap
◦300 g groenbone, punte afgesny
◦1 koppie koeskoes
◦2 koppies kersietamaties
◦½ koppie ontpitte kalamata-olywe
◦½ koppie vars platblaarpietersielie
◦1 suurlemoen
◦2 e witwynasyn


◦1 e ekstrasuiwer olyfolie
◦1 t suiker
◦sout en peper
◦1 blikkie (400 g) cannellini-bone, afgespoel en gedreineer

Aanwysings..

1.Bedek songedroogde tamaties met warm water in ’n klein bakkie. Laat staan.
2.Verhit ’n groot pot water, met deksel op, oor hoë hitte tot kookpunt. Vul ’n groot bak met ys en water. Gooi groenbone by die kookwater. Kook 4 tot 5 minute tot bros-sag; plaas dan in yswater. Dreineer goed wanneer afgekoel. Sny die bone in 2,5 cm-stukkies.
3.Kook die koeskoes volgens die etiketaanwysings. Dreineer, spoel af in koue water en dreineer weer.
4.Sny intussen die kersietamaties in die helfte deur en kap die olywe en pietersielie.
5.Rasper 1 teelepel suurlemoenskil in ’n groot bak; druk 2 eetlepels sap uit die suurlemoen en voeg by. Roer asyn, olie, suiker en ¼ teelepel elk sout en varsgemaalde swartpeper by. Dreineer songedroogde tamaties goed; voeg by mengsel. Voeg die bone, koeskoes, kersietamaties, olywe, pietersielie en ¼teelepel elk sout en varsgemaalde swartpeper by. Meng goed.