Wednesday 13 February 2013

Spek-en-tamatie-omelette




Jy maak 2 groot omelette wat jy halveer

•40 ml botter
•250 g repiespek (streaky bacon), in klein blokkies gesny
•8 eiers
•sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
•200 g kersietamaties, gehalveer
•100 g cheddarkaas, gerasper
•30 ml fyngekapte pietersielie

Smelt die helfte van die botter in ’n kleefvrye pan en braai spek tot bros. Dreineer dit op kombuispapier. Klits die eiers in ’n mengbak en geur met sout en swartpeper. Smelt die res van die botter in ’n groot pan. Draai die plaat na medium-hitte. Gooi die helfte van die geklitste eiers in die pan. Roer effens. Plaas die helfte van die tamaties en kaas op een helfte van die eier. Maak die pan met ’n deksel toe tot die eier gestol en die kaas gesmelt het. Vou die omelet toe. Laat gly die omelet uit die pan en halveer. Maak tweede omelet met oorblywende bestanddele. Garneer met pietersielie.

Wenk
Los die spek uit vir ’n vegetariese gereg.