Friday 15 February 2013

Sonskynkoekies




Bestanddele:
125 g margarien
200 ml suiker
1 eier
375 ml koekmeelblom
5 ml bakpoeier
2 ml sout
1 lemoen
500 g versiersuiker
60 ml suurlemoensap
(Jy kan ook lemoensap gebruik as jy dit so verkies.)

Belangrik:
’n Oond is baie warm! Wees versigtig, en laat Mamma jou help om die koekies in te sit en uit te haal.

Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180ºC.
2. Meet die margarien en suiker af en meng in mengbak totdat botter sag is en die mengsel goed gemeng is.
3. Was die lemoen af en rasper die skil tot jy 5 ml skil het.
4. Sny die lemoen oop (vra vir Mamma om te help). Druk die sap uit totdat jy 15 ml sap het.
5. Voeg die sap, skil en eier by die botter en suiker. Meng deeglik.
6. Sif die volgende by: koekmeelblom, bakpoeier en sout. Meng deeglik.
7. Smeer die bakplaat met margarien.
8. Rol die deeg in balletjies. Plaas op bakplaat en druk plat met vurk.
9. Bak 12 tot 15 minute. Lewer ongeveer 40 koekies.
10. Laat afkoel.
11. Meng 60 ml suurlemoensap met 500 g gesifte versiersuiker. Smeer oor koekies.
12. Geniet jou sonskynkoekies!