Sunday 17 February 2013

Hawermoutwafels




Vir ’n sout alternatief, vervang die suiker en vanieljegeursel met byvoorbeeld gebraaide sampioene, uie, spek en pietersielie.
10 – 12 porsies
  • 310 ml hawermout
  • 500 ml volkoringmeel
  • 20 ml bakpoeier
  • 15 ml suiker
  • 2,5 ml sout
  • 2 eiers
  • 580 ml vetvrye melk
  • 50 ml kanola-olie
  • 5 ml vanieljegeursel
Bolaag
  • 500 g vetvrye maaskaas
  • 120 ml vetvrye vanieljejogurt
  • 1 vanieljepeul se saadjies
  • 60 ml suiker-plaasvervanger
  • vars vrugte
  • vars mentblare vir versiering (opsioneel)
Maak die hawermout in ’n voedselverwerker fyn tot ’n meel. Meng die hawermoutmeel, volkoringmeel, bakpoeier, suiker en sout. Klits eiers saam met melk, olie en vanieljegeursel. Meng die twee mengsels. Verhit ’n wafelpan. Spuit die pan met kleefwerende kossproei. Bak wafels tot gaar en hou warm. Bolaag Klits die maaskaas, jogurt, sade en suikerplaasvervanger saam. Hou in
yskas.Sit voor met jogurtroom en vrugte. Garneer met mentblare.