Monday 11 February 2013

Rooi Fluweelkoek




Koek
625 ml (2½ k) koekmeel
375 ml (1½ k) suiker
5 ml (1 t) koeksoda
5 ml (1 t) kakao
5 ml (1 t) sout
250 ml (1 k) karringmelk
2 eiers, by kamertemperatuur
375 ml (1½ k) olie
5 ml (1 t) witasyn
25 ml (5 t) rooi voedselkleursel
5 ml (1 t) vanieljegeursel
Roomkaasversiersel
1 houer (250 g) ferm roomkaas
250 g sagte botter
500 ml (2 k) versiersuiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel

Koek
1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Berei 3 koekpanne van 18 cm voor. Sif meel, suiker, koeksoda, kakao en sout saam in ’n groot mengbak.
2. Plaas karringmelk, eiers, olie, asyn, kleursel en geursel in ’n aparte mengbak.
3. Meng die meelmengsel by die karringmelkmengsel. Verdeel die beslag tussen die voorbereide panne en bak vir 35-40 minute. Versier met die roomkaasversiersel en organiese roosblare.

Versiersel
1. Plaas roomkaas en botter in die mengbak van ’n elektriese menger en klits tot lig en donsig.
2. Voeg die versiersuiker by en klits tot gemeng. Voeg die vanieljegeursel by en klits tot net gemeng. Verkoel vir 20 minute voor dit gebruik word.

WENK:  Ek het in die Sarie gelees dat poeier kleursel 'n dieper rooi kleur gee.  Asook dat die koek 'n dag voor die tyd gebak moet word