Monday 11 February 2013

Ontbyt-vetkoek




(sowat 8 vetkoeke)
Jy benodig

•30 ml botter 
•250 g repiespek, in blokkies gesny
•280 g (500 ml) koekmeel
•20 ml bakpoeier
•2 ml sout 
•15 ml botter 
•250 ml melk
•sowat 500 ml sonneblomolie

Smelt botter in ’n pan. Braai spek daarin tot lekker bros en dreineer op kombuispapier. Sif droë bestanddele saam. Vryf botter daarby in. Voeg melk by en meng goed. Voeg gebraaide spek by en meng goed. Verhit die olie. Skep ’n klein stukkie deeg in die warm olie om te toets of dit gereed is. As die deeg mooi stadig bruin braai, is olie reg.
Onthou om die temperatuur laer te draai sodra vetkoeke begin verbruin. Dit braai sowat 10 minute om dwarsdeur gaar te word. Dreineer op kombuispapier