Friday 8 February 2013

Prawns in die pan of oor die kole




Bestanddele:

1 Boks Balck Tiger Prawns met doppe en koppe (die lekkerte is in die kop!)
3 Eetlepels Olyf olie
1 Eetlepel Peri peri Olie
1 Eetlepel Botter (nie MARGARINE nie! ... GOOI WEG!)
1 Eetlepel Ina Paarman se Olive and Rosemary spice
1 Eetlepel Ina Paarman se Lemon and Black Pepper Spice
1 Eetlepel Medium Kerrie Poeier
1 Teelepel Vars Knoffel
1 Suurlemoen (Vars een asb, tog net nie daai goed in n bottel nie)
1 Blikkie Room of Coconut Room
Vars Corriander
1/4 Teelepel Sout

Metode:
Sit al jou speserye, botter, olies, en knoffel in die pan. Sit jou plaat op hoog

Sodra die botter begin skuim, gooi jou prawns in die pan (jy gaan dalk 2 keer die ding moet doen as jou pan te klein is vir al die prawns!)

Jy is welkom om weer bietjie van die bg. speserye oor die prawns te strooi net voor jy die pan toemaak

Sodra jou prawns (die regte woord is seker maar "garnale" maar almal weet waarvan ek praat!) lekker pienk is draai hulle om in die sousie sodat die ander kant ook kan braai. As jou plaat te hoog is, draai af, niemand wil gebrande knoffel proe nie. Sodra die prawns orals mooi pienk is, draai jou plaat op laag en gooi die room of Coconut room by. Jy kan halfies halfies gaan, dit hang natuurlik af waarvoor jy lus is!

Gooi die sout oor

Druk n halwe suurlemoen uit oor die prawns (haal tog net asb eers die putte uit!)

Meng goed deur en bedien met vars Corriander

Bedien ook met Rys of Griekse Slaai

PS, Ek waarborg jou as jy eers die resep gemaak het, sal jou vriende baie meer kom inloer

INDIEN enige iets oor bly kan jy dit net uit die dop haal en in jou vars slaai gooi die volgende dag. Mens mors nie sulke goed nie!

Hierdie kan op die vuur ook gemaak word