Wednesday 6 February 2013

Pitabrood met tunavulsel




Jy benodig
• 4 pitabrode
•2 blikkies (170 g) tuna, goed gedreineer
•½ klein komkommer, in klein blokkies gesny
•3 ferm tamaties, ontpit en in klein blokkies gesny
•125 ml-blokkies goudakaas
•1 groot agurkie, fyn gerasper
•60-80 ml mayonnaise
•sout na smaak

Só maak jy
• Maak die pita warm in die mikrogolfoond.  Skeur die opening wat natuurlik vorm met jou vingers verder oop. Herhaal die proses met die res van die broodjies.
•Laai dit met tunaslaai. Meng die tuna, komkommer, tamatie, kaas en agurkie saam vir die vulsel. Maak dit klam met mayonnaise en geur dit met sout. Skep dan die vulsel in die halwe pitas.
Jy kan ook ’n maalvleisvulsel gebruik, of geroerbraaide hoenderrepies