Wednesday 6 February 2013

Komkommer-en-spanspekslaai




Genoeg vir 4-6 mense

SLAAI
1 spanspek, in blokkies gesny
200 g baba-tamaties, gehalveer
1 groot komkommer, met ’n skiller in linte gesny
15 ml (1 e) vars pietersielie, gekap
15 ml (1 e) vars grasuie, gekap
15 ml (1 e) vars kruisement, gekap

SOUS
60 ml (¼ k) witwyn-asyn
60 ml (¼ k) olyfolie
15 ml (1 e) strooisuiker
sout en vars gemaalde swartpeper

Slaai
Meng die spanspek, tamaties en komkommer in ’n groot slaaibak. Strooi die vars kruie oor en meng die slaai goed.

Sous
Klits die sousbestanddele en giet dit oor die slaai.
Verkoel die slaai vir ’n uur of langer voor jy dit opdien. Sit dit voor saam met hoender, vleis of vis