Wednesday 13 February 2013

Peer-en-okkerneutslaai




Dié slaai is ideaal om saam met vark of hoender te bedien wat oor die kole gaargemaak is. Verál as die vleis effens met mosterd gegeur is, komplimenteer die soet van die pere dit perfek.   60 ml sonneblomolie
30 ml wit druiwe-asyn of verjuice
5 ml Dijon-mosterd
Sout en vars gemaalde swartpeper
3 ferm pere, met skil en al in wiggies gesny
45 ml botter, gesmelt
15 ml bruinsuiker
100 g gekerfde blaarkool, geblansjeer OF gemengde slaaiblare
100 g okkerneute, gerooster en grof gekap
50 g bloukaas, gekrummel   Klits die olie, asyn of verjuice en mosterd saam en geur met sout en peper. Hou eenkant. Meng die pere met die gesmelte botter en bruinsuiker en braai in 'n warm pan tot gekarameliseer. Gooi die slaaisous oor en kook vinnig deur. Skep die warm pere uit op die geblansjeerde kool, meng liggies deur en sprinkel die okkerneute en stukkies bloukaas oor.   Genoeg vir ses mense.
  • Wenk: Maak 'n ligte middag-ete hiervan deur skaafsels klam volstruisbiltong of gerookte ham by die slaai te sit. Sit dit dan voor met brood.