Monday 11 February 2013

Memory box / Spesiale bereplek

Hergebruik 'n ou skoenboks as spesiale plekkie om goed te bere wat andersins net sou rondlê:

Baie keer op TV hoor mens dat jy 'n "memory box" moet aanskaf om al jou goedjies te hou wat vir jou spesiale herinneringe het.  Nou as jy so 'n houer in die winkels gaan koop, kan dit jou nogal 'n klein fortuin kos.  Neem 'n ou skoenboks en trek hom oor met mooi papier.  Jy kan hom dan verder versier soos jy "scrapbooking" sou doen. 
  • Plak fotos op die buitekant as dit vir 'n foto houer gebruik gaan word.
  • As jy klein kinders het, gooi goedjies daarin wat jy weet hulle dalk later in 'n projek by die skool sal kan gebruik.  (bv.  Afval stukkies lap, wol, knopies, gare tolletjies, ens.)
  • Plak knopies aan die buitekant as jy dit gaan gebruik vir 'n naaldwerk houer.
  • Jy kan dit mooi versier en gebruik as houer waarin jy al jou geskenktoedraai goedjies bere, bv. strikke n linte en geskenke kaartjies.
  • Dit kan ook 'n handige houer wees waarin jy afskrifte van ID dokumente en rybewys ens. bere vir vinnige verwysing.
Die moontlikhede is eindeloos en dit kan baie mooi in 'n tiener se kamer lyk om ook bietjie orde te skep en spesiale bere plek te gee vir briefies en plakboeke.