Thursday 21 February 2013

Heerlike Worsrolletjies




8 worsrolletjies
•4 bockwurst-worse (gebruik jou eie keuse)
•1 vel gekoopte blaardeeg
•1 eier, geklits


1.Verhit die oond tot 180 ºC. Vra ’n volwassene om te help as jy nie weet hoe nie. Sny worsies in die helfte. Plaas hulle op blaardeeg en sny bo- en onderkant van deeg sodat worsies mooi daarop pas.

2.Gebruik ’n kwassie en verf buiterande van deeg met geklitste eier.

3.Rol worsies toe en maak seker jy druk die deeg goed vas waar dit bymekaar kom. Plaas worsrolle op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Maak 3 klein snytjies bo-op elke worsrol. Sit bakplaat in die oond en bak vir 30 minute totdat deeg gaar en goudbruin is. Haal versigtig uit die oond en eet met tamatiesous.