Thursday 21 February 2013

Groente lasagna




Bestanddele:
1 ui, gekap
1 soetrissie, ontpit en gekap
25ml kookolie
1 blik(800g) heel, geskilde tamaties
1 middelslag eiervrug, in blokkies gesny
1 blokkie biefekstrak, gekrummel
150ml kookwater
250g breë eiernoedels

15g (15ml) botter of margarien
15ml koekmeelblom
2ml sout
250ml melk
5ml kerriepoeier
Sap van halwe suurlemoen
100 g (250 ml) gerasperde Cheddarkaas

Metode:
1. Sorteer die ui en soetrissie in olie tot sag. Voeg tamaties en hul sap, sowel as die eiervrug, biefekstrak en kookwater by en laat vir 10 minute prut.
2. Kook die noedels volgens die aanwysings op die pak, dreineer en hou warm.
3. Maak witsous van botter, meel, sout en melk. Roer kerriepoeier en suurlemoensap by.
4. Skep lae van groentemengsel en noedels in groot ‘n oondskottel – begin met groente en eindig met noedels.
5. Gooi kerriesous oor en bedek met kaas.
6. Bak 25 minute by 190˚C.