Thursday 21 February 2013

Grenadilla Velvet Poeding




Smelt 1 pakkie suurlemoen/lemoen/pynappel jellie in 200 ml warm water, roer nog 200 ml koue water by. Laat staan vir ‘n kwartier. Roer ‘n halwe blikkie kondensmelk by, roer goed deur en voeg ‘n blikkie grenadillamoes by, roer goed deur. Gooi in mooi glas-poedingbak en laat stol in yskas. Bedien saam met vrugte van jou keuse en roomys.